Turkye

Republiek Turkye
  • Türkiye Cumhuriyeti  (Turks)
Vlag van Turkye Embleem van Turkye
Vlag Embleem
Nasionale leuse:
Egemenlik, kayıtsız şartsız Milletindir[1]
(Turks vir: "Soewereiniteit behoort onvoorwaardelik aan die nasie")
Volkslied: İstiklâl Marşı
(Turks vir: "Onafhanklikheidsmars")
Ligging van Turkye
Hoofstad Ankara

39°55′N 32°50′O / 39.917°N 32.833°O / 39.917; 32.833

Grootste stad Istanboel

41°1′N 28°57′O / 41.017°N 28.950°O / 41.017; 28.950

Amptelike tale Turks
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Recep Tayyip Erdoğan
Fuat Oktay
Onafhanklikheid
Opvolging
• Ankara-regering
• Verdrag van Lausanne
• Republiek
• Huidige grondwet

van die Ottomaanse Ryk
23 April 1920
24 Julie 1923
29 Oktober 1923
7 November 1982
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
814 578[2] km2  (37ste)
302 535 myl2
1,3
Bevolking
 - 2016-skatting
 - Digtheid
 
79 463 663[3] (18ste)
102[3] / km2 (107de)
262 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$1 665 miljard[4] (17de)
$21 198[4] (63ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$861 miljard[4] (17de)
$11 014[4] (67ste)

MOI (2021) 0,838[5] (48ste)  –  baie hoog
Gini (2019) 41,9[6] –  medium
Geldeenheid Lira (₺) (TRY)
Tydsone
 - Somertyd
FET (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .tr
Skakelkode +90

Turkye (Turks: Türkiye [ˈtyɾcije]), amptelik bekend as die Republiek van Turkye (Türkiye Cumhuriyeti [ˈtyɾcije d͡ʒumˈhuɾijeti] ), is 'n land in Eurasië wat strek oor die Anatoliese Skiereiland in Wes-Asië en die Balkangebied van Suid-Europa. Turkye grens aan agt lande: Bulgarye in die noordweste, Griekeland in die weste, Georgië in die noordooste, Armenië, Iran en die Nachitsjewan-eksklawe van Azerbeidjan in die ooste en Irak en Sirië in die suidooste. Die land grens aan die Swartsee in die noorde, die Egeïese See in die weste en die Middellandse See in die suide. Turkye bevat ook die See van Marmara, wat gewoonlik deur aardrykskundiges as die grens tussen Europa en Asië beskou word, wat beteken dat Turkye 'n transkontinentale land is.

Nasa-Satellietbeeld van Turkye
Topografiese kaart van Turkye

Die streek waaruit die moderne Turkye vandag bestaan, was die geboorteplek van baie beskawings insluitende die Armeense-, Bisantynse-, Seldjoek- en Ottomaanse Ryk. Vanweë sy strategiese ligging op die grens van twee kontinente, is die Turkse kultuur 'n unieke vermenging van die Oosterse en Westerse kulture en word ook dikwels na die land verwys as die brug tussen die twee beskawings.

Turkye is 'n demokratiese, sekulêre eenheidstaat met 'n republikeinse grondwet. Die huidige politieke bestel van Turkye is in 1923 gevestig onder leierskap van Mustafa Kemal Atatürk ná die val van die Ottomaanse Ryk in die nadraai van die Eerste Wêreldoorlog.

Sedertdien het Turkye toenemend met die Weste geïntegreer, alhoewel die land steeds betrekkinge met die Oosterse wêreld in stand hou. Turkye is een van die stigterslede van die Verenigde Nasies,[7] die Organisasie van Islamitiese Samewerking,[8] die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling,[9] asook die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa.[10] Turkye is ook sedert 1949 'n lid van die Europese Raad[11] en sedert 1952 'n lid van NAVO.[12] Verder is die land sedert 2005 betrokke by onderhandelinge met die Europese Unie om aan te sluit en is al sedert 1963 'n medelid van die EU.[13] Turkye is ook 'n lid van die G20-nywerheidslande wat die 20 grootste ekonomieë van die wêreld byeenbring.

  1. "Motto" (in Turks). Gov.tr. 23 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2018. Besoek op 25 Mei 2016.
  2. "Türkei" (in Duits). November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2017. Besoek op 25 Mei 2016.
  3. 3,0 3,1 "The Results of Address Based Population Registration System, 2015" (in Engels). Turkish Statistical Institute. 28 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2017. Besoek op 28 Januarie 2016.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Report for Selected Countries and Subjects". IMF World Economic Outlook Database, April 2016. 24 April 2016. Besoek op 25 Mei 2016.
  5. "Human Development Report 2021/2022" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 8 September 2022. Besoek op 8 September 2022.
  6. "Gini index (World Bank estimate) – Turkey". World Bank. 2019. Besoek op 15 November 2021.
  7. Growth in United Nations membership (1945–2005), Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  8. OIC Membership Geargiveer 21 Februarie 2001 op Wayback Machine, Datum afgetrek = 30 Oktober 2006
  9. OECD membership, Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  10. OSCE Participating states, Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  11. Turkey and the Council of Europe, Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  12. Greece and Turkey accede to the North Atlantic Treaty Organisation, Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  13. Chronology of Turkey-EU relations Geargiveer 15 Mei 2007 op Wayback Machine Laaste afgetrek 30 Oktober 2006

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search